Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Fred de Vries

@ Sunday Times Books LIVE

Fred de Vries Latest

Rigtingbedonnerd

Wat het ná 1994 van die Afrikaner geword? Hoe lyk dié eens magtige groep vandag en het hulle nog enige rol te speel in die nuwe Suid-Afrika?

Met ’n tas vol vrae reis Fred de Vries van Orania na Pretoria om met uiteenlopende Afrikaners te praat: politici (FW de Klerk, Pieter Mulder), musieksterre (Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Fokofpolisiekar), sakemanne (Jannie Mouton), skrywers (Koos Kombuis, Antjie Krog) en selfs ’n vakbondleier (Flip Buys). Hy ontmoet ook talle gewone Afrikaners – boere, polisielede en onderwysers – wat iets oor die siel van die Afrikaner aan hom verklap. Vir almal vra hy dieselfde vraag: is daar nog plek vir dié wit volk aan die suidpunt van Afrika en indien wel, waar is hul emosionele tuiste – hul Nkandla – in pres. Jacob Zuma se woorde?

De Vries gaan ook terug in die Afrikaner se geskiedenis, hy besoek kunstefeeste en monumente, en luister na Afrikaanse musiek om vas te stel wie die Afrikaner in die 21ste eeu is. In ’n tyd waar talle Afrikaners met hul identiteit worstel wys sy boek hoe Afrikaners ’n nuwe ruimte vir hulself in ’n dramaties veranderde land skep.

ISBN-13: 9780624054658
Koop nou